Peach van Pletzen bring sy gewilde YouTube-geselsprogram Praating na die
Woordfees, waar hy met bekende lesers oor boeke gesels. Die bittereinder en
boekwurm Jaco van der Merwe, leading man en leesverslaafde Beer Adriaanse en
skrywer en TV-ster Veronique Jephtas praat met Peach oor die boeke wat hulle
diep geraak, koud gelaat of hard geslaan het. Hulle onthou die boeke wat hulle
leessmaak help vorm het, die boeke waaruit hulle baie geleer het, en die boeke
wat ’n mens weer en weer kan lees, asook die skrywers wat soos vriende, mentors en
vertroude gespreksgenote voel.