Aangebied deur Jonathan Ball
James-Brent Styan verklap al die geheime agter die ineenstorting van Steinhoff, Suid-Afrika se grootste korporatiewe bedrogsaak tot nog toe. Danksy toegang tot die volle PWC- forensiese verslag, herbesoek Styan die Steinhoff-saak en bring nuwe inligting en bewysstukke na vore rakende Markus Jooste en sy sakeryk. Steinhoff se skouspelagtige ineenstorting in 2017 het gelei tot ’n spoor van gerugte en beskuldigings, maar Jooste se selfdood het talle vrae onbeantwoord gelaat. Wie het wat geweet? Hoe dit dit alles gewerk? Styan vertel vir Lourensa Eckard wat hy ontdek het in hierdie kaartehuis wat soveel mense reg oor die land geraak het.