Hoe bereik ons lesers in ’n media- landskap wat oorheers word deur bo-blink-bekendes, TikTok-danse en verdelende retoriek op alle platforms? Die sosiale media bied nuwe geleenthede om met lesers te kommunikeer, maar ding ook mee met die gedrukte woord om mense se aandag. Bibi Slippers praat met die boekbemarker Helené Coetzee, die stigter van Lekkerleesboekrak, Marion Erskine, boekstagrammer Hayley Malan en skrywer Sven Axelrad oor die moontlikhede en moeilikhede van die aandag-ekonomie, die beste benadering tot boekbemarking aanlyn, en die skrywers en beïnvloeders wat dinge reg doen.