Rebekka van Kameeldoornplaas

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
9 Oktober
14:30
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Penguin Random House

Die immergewilde Irma Joubert is terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees met haar jongste roman. Rebekka van Kameeldoornplaas vertel die verhaal van ’n plaaskind wat deur die noodlot in Engeland beland en met groot vrae moet worstel: Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Elna van der Merwe gesels met Joubert oor hierdie eerste aflewering in ’n beplande tweeluik en oor die fyn balanseertoertjie tussen navorsing en verbeelding wat historiese fiksie van die skrywer vereis.