Wat maak ’n mens ’n mens? Is dit selfbewussyn, skeppingsvermoë, morele oordeel? In ’n wêreld waar masjiene leer en diere voel, begin die ou grense vervaag. Kan agentskap gedeel word – met ander spesies, selfs met sintetiese entiteite? En waar laat dit God as die veronderstelde bron van lewe en betekenis? Wat beteken dit vir gemene delers tussen God, mens, dier en masjien – en is al hierdie agente nog uniek en nodig?