Resonans-gespreksreeks: Deel, gee en neem

Diskoers
50 Minute
13 Oktober
14:30

Netwerk24 Diskoerstent

Gratis

Vroeër vanjaar was daar drama in die Withuis. Woorde soos “volksmoord” en “grondgryp” is kwistig rondgegooi, terwyl Julius Malema “Kill the Boer” uitbasuin. Wat beteken dit om te deel in ’n land waar ongelykheid so diep gewortel is? Is “deel” onlosmaaklik verbind aan “neem” indien daar nie genoeg gegee word nie? En hoe klink die evangelie as dit praat van deel – as uitnodiging of as bedreiging?

Aangebied deur die Stellenbosch NG Moedergemeente

Met Johan van der Merwe en paneellede