Wat as jy jouself nie meer as deel van die kerk ervaar nie of nie welkom voel nie? Of juis kies om op die kantlyn te staan? Ons ondersoek uitsluiting, behoort, die uitdagings van inklusiewe geloofsgemeenskappe en die skeidslyn tussen ’n meer mistieke en ’n meer teïstiese verstaan van God en geloof. Wat moet jy glo om “deel” te kan neem? En hoe “ruim” kan die kerk se huis wees voor dit nie meer kerk is nie?