Met Johan van der Merwe en paneellede
Die Wêreldgesondheidsorganisasie noem eensaamheid ‘n pandemie. “Die Groot Stilte”, word dit soms genoem. En hierdie pandemie moet beveg word. In talle lande is dit tot prioriteit verklaar – en dis hoog tyd. Mense is elektronies meer verbind as ooit tevore, en meer as ooit alleen. Jeugwerkloosheid, vervreemding deur sosiale media en die ineenstorting van gemeenskappe is aan die orde van die dag. In ‘n wêreld waar alles vinniger en meer digitaal word, vra al hoe meer mense: Waarvoor leef ek eintlik? Het die Kerk ‘n antwoord – of is die Kerk self deel van die stilte? Is ons gedoem tot isolasie?
Aangebied deur Stellenbosch Moederkerk