Resonans-gespreksreeks: Wie praat namens God?

Diskoers
Afrikaans
50 Minute
5 Oktober
14:30

Met Johan van der Merwe en paneellede

Christelike Nasionalisme steek op verskillende plekke en maniere kop uit. Amerika is ‘n goeie voorbeeld daarvan. En Suid-Afrika? In die jare tagtig het die Kerk se profetiese stem hoogty gevier – hetsy in die fundering van apartheid of die opponering daarvan. Ons is aan die vooraand van munisipale verkiesings. Wie praat namens God? Wanneer word geloof ‘n politieke wapen? En wat gebeur as die Kerk nie meer profeet is nie, maar propagandis? (O ja, terloops, werk ons kiesstelsel?) Is dit hoog tyd dat die kerk weer profeties praat?

Aangebied deur Stellenbosch Moederkerk