Die bekroonde komediant, aanbieder, skrywer en akteur dr. Riaad Moosa is terug met ’n splinternuwe komedieprogram waarin dié “comedy doctor” weer medisyne en humor naatloos vermeng. Hy neem gehore op ’n skreeusnaakse en prikkelende reis terwyl hy worstel met die absurditeit van die lewe en die chaotiese toestand van die wêreld – ’n meesterklas in komedie deur een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars.