Roan Ash, ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat nou in Nashville woon, is ’n country-rock-digter met ’n grensverskuiwende klank wie se enigste ware lojaliteit aan die voete van liriese eerlikheid lê. Met sy treffende lirieke en unieke klank volg hy geen suksesresep nie, en is daar geen geheime plan om hom in ’n marksegment vas te verf nie. Roan deel die Woordfees-verhoog met die nuweling Brandon Miles, wat die Suid-Afrikaanse musiektoneel laat gons met sy lekker country-klanke.
Belangrike inligting:
- Hekke maak 17:30 oop.
- Geen eie kos of drank word toegelaat nie.
- ’n Kroeg en kosstalletjies is beskikbaar.
- Onthou om warm klere saam te bring.
- Stoele en piekniekkomberse is welkom.