RSG se gewilde Bekbasaar: Die reine wynheid kom kuier in die Boland! Onder leiding van Martelize Brinkbeloof hierdie program om feesgangers op ‘n intieme en insiggewende reis deur die ryk en diverse wêreld van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te neem. Die reine wynheid is meer as net ‘n program oor wyn; dit is ‘n viering van ons nasionale wynerfenis, wat strek van die historiese begin in 1659 tot die hedendaagse wyn-innoveerders.