Met Martelize Brink, Johan Rademan
Dit is jou blik op die wêreld om jou – ons praat met mense wat ’n verskil maak, hou jou op die hoogte van sake, hoor jou menings en vertel interessante stories. RSG saai regstreeks uit vanaf die RSG/ATKV-vierkant by die US Museum. Kom kyk en luister gratis na jou gunstelingaanbieders in lewende lywe. Toegang is gratis.