Rupert-museum

Visuele kuns
English, Afrikaans
60 Minute
7 Oktober
11:00
7 Oktober
13:00
9 Oktober
11:00
9 Oktober
13:00
R50 | R80 by die deur

Sluit aan by Eliz-Marie Schoonbee, kunskurator van die Rupert-museum, vir ’n begeleide staptoer deur die jongste uitstallings by die museum. Die rondleiding sal fokus op die verskeidenheid genres en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat deel vorm van die uitstallings en die kunsversameling en sluit in J.H. Pierneef se befaamde Johannesburg-stasiepanele.

Let wel Sitplek is beperk en deelnemers moet bereid wees om vir ’n uur te stap en te staan. Elke bespreking sluit ’n koffie-/teebewys in wat op die dag voor of ná die toer by die museumkafee gebruik kan word.

7 en 9 OKT 11:00 en 13:00
60 min | Rupert-museum
R50 (sluit tee of koffie in)