Schalk Bezuidenhout: Hey hey ek is geskei

Spier Toneel
Afrikaans
o/14
70 Minute
10 Oktober
16:30
R180-R320 | R210-R350 by die deur

STANDUP

Het jy al ooit deur ’n egskeiding gegaan? Wel, Schalk het. En gelukkig vir jou móét hy daaroor praat. Hoekom? Omdat dit goedkoper is as terapie. Rou, eerlike stand-up op sy allerbeste – met miskien selfs ’n enkele traan wat teen die linkerwang afrol. Dit is hopelik – in die naam van alles wat goed en lekker is – die eerste én laaste showoor ’n egskeiding wat Bezuidenhout ooit sal doen. Moenie dit misloop nie.

Vervaardiger Erns Grundling