Science Café: From Africa’s Microbes to Planetary Health

Diskoers
English
60 Minute
6 Oktober
18:30

Afrika met haar ryk biodiversiteit en diverse bevolkings is die tuiste van unieke mikrobiome wat moontlik die sleutel kan inhou tot grensverskuiwende ontdekkings in die veld van gesondheid en siekte. In hierdie gesprek stel die wetenskapsjoernalis en skrywer Engela Duvenageondersoek in na wat ’n mikrobioom is en waarom een navorsingsgroep beplan om 10 miljoen monsters van Afrika-herkoms se volgorde te bepaal. Hierdie monsters is afkomstig van riviere en afvalwater-suiweringsaanlegte, tot jong kinders uit kwesbare gemeenskappe en Antarktika. Uiteindelik is dit hierdie mikroörganismes wat ons almal met mekaar verbind.

Die Stellenbosch Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe. Toegang is gratis.