Die Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskapskwessies aanmoedig.
Kwantumsatelliete: SA en China vat hande
Suid-Afrika en China het die langste ultraveilige interkontinentale kwantumsatellietverbinding ter wêreld gevestig – oor ’n afstand van 12 900 km. Met behulp van die Chinese kwantummikrosatelliet Jinan-1, wat in ’n lae-aarde- wentelbaan gelanseer is, is hierdie mylpaal die eerste kwantumsatelliet-kommunikasieverbinding wat in die Suidelike Halfrond gevestig is. Kom luister na die fisici wat dit laat gebeur het.