Net ’n speelding. ’n Oplossing op soek na ’n probleem. Só is die uitvinding van die eerste werkende laser in 1960 beskryf. Vandag vorm hierdie ongelooflike tegnologie ’n hoeksteen van die moderne tegnologie – van telekommunikasie, gesigsherkenning en outonome motors tot die neerskiet van hommeltuie in oorlogsgebiede. In hierdie gesprek verken die wetenskapsjoernalis en skrywer Engela Duvenage die grense van die (on)moontlike saam met laserfisici van die Stellenbosse Fotonika-instituut.
Die Stellenbosch Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe. Toegang is gratis.