Science Café
Die Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskapskwessies aanmoedig.
Van die pil tot menopouse: ’n Koorddans tussen gesondheid en risiko
Prof. Karl Storbeck gesels met prof. Donita Africander en dr. Nicky Verhoog oor die mites én feite oor voorbehoeding, hormoonvervangingsterapie ná menopouse en borskanker. Al drie is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se departement biochemie, waar hulle die ingewikkelde verhouding tussen steroïedhormone en vrouegesondheid ondersoek met die doel om veilige en doeltreffende hormoonbehandelings vir vroue te ontwikkel.