Die Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskapskwessies aanmoedig.
Science Café: Waarom bestudeer ons ruimterotse?
Ruimterotse kan ons óf doodmaak óf toegang bied tot leefbare wêrelde in die buitenste ruim. Geoloë van die US en ’n sterrekundige van die Suid-Afrikaanse Radiosterrewag vertel ons meer van hul navorsing oor asteroïede en planetêre verdedigingstelsels.