2014 | Suid-Afrika
In die Suid-Afrika van die 1930’s onthul Irene (Freddie) Heseltine se fotoversameling die verborge wêreld wat sy met haar lewensmaat van byna 60 jaar, Petronella (Nell) van Heerden, gedeel het. Deur die tegniek van repeat photography verbeel Seasons of Longing die oomblik voor en nadat elke foto geneem is en hoe hul romantiese verhouding oorleef het.