Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.13
75 Minute
14 Oktober
15:00
15 Oktober
20:30
17 Oktober
15:00
19 Oktober
10:00
R200-R250 | R230-R280 by die deur

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry- toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n poli­ tieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.

Met Wilhelm van der Walt

Vervaardiger Leftfoot Theatre

Productions, Innibos

Regisseur Nico Scheepers

Verwerker Johann Smith, gegrond op die boek van Dana Snyman

Oorspronklike musiek Kate Borthwick

Verhoogbestuur Jean du Plessis

Moontlik gemaak deur NATi, Innibos