InNoSense is ’n versameling kort doku-fiksiefilms wat die absurde, geheimsinnige en teer kant van die dood, eensaamheid, betekenis en vryheid in ‘n Suid-Afrikaanse konteks ondersoek. Van KI-varke tot karaoke-hekse, van veldbrande tot verpletterde paddavissies – vrees en plesier sit langs mekaar en steek poëtiese en absurde gate in hierdie vreemde ding wat ons die werklikheid noem. Daar sal elke aand van die Woordfees Filmfees InNoSense-vertonings wees, gevolg deur ’n gesprek met die filmmaker.
Vervaardiger, regisseur en redigeerder Wihann Strauss