Silwerskermfees-kortfilms: As ek kon kies

Filmfees
Multilingual
10-12PG L
13 Minute
4 Oktober
14:00
8 Oktober
13:00
Gratis

Met: Beata Bena, Anoecha Kruger, Josh Riley, Andahr Cotton, Ephraim Gordon, Sherman Pharo 

Kyleigh vier haar verlowing gedurende ’n kerkdiens as ’n bevestiging van die lewe wat sy gekies het: een van geloof, familie en gemeenskap. Maar wanneer Lara, ’n vrou wat sy eens liefgehad het, stilletjies by die kerk inloop, verander die stemming van die oggend. Die twee vrouens knoop ’n vriendelike gesprek aan, en die verlede vly haar teen die hede aan. As ek kon kies ondersoek hoe een oomblik alle sekerhede kan laat wankel en vra of die liefde wat jy kies, die liefde is wat jy glo jy verdien.

Vervaardigers: Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst
Produksiehuis: Unusual Bones
Uitvoerende vervaardiger: Beata Bena
Regisseurs: Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst
Draaiboekskrywers: Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst, Beata Bena
Redigeerder: Paul Speirs
Kinematograaf: Gray Kotze
Klankbaan: Magé Troskie

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.