Silwerskermfees-kortfilms: Change

Filmfees
Multilingual
13L
21 Minute
5 Oktober
13:30
8 Oktober
14:00
Gratis

Met: Brendon Daniels, Laudo Liebenberg

Kaapstad. 2025. Ruan, ’n besturende direkteur van ’n groot korporasie, besef die nuwe kontantlose beleid wat hul moedermaatskappy vanuit Brittanje afdwing, is ’n hinderlaag. Ruan probeer om die onvermydelike te verhoed. Sy stroomopstryd word uit die oogpunt van ’n tweerand-muntstuk gewys, wat gelyk ook ’n blik in die lewens van stedelike Suid-Afrikaners gee. Elke karakter beeld ’n ander sosio-ekonomiese klas uit en daarmee saam daardie segment van die samelewing se perspektief op geld. Change wys wat dié verandering vir die uiteenlopende maar onderling verbonde ensemble van karakters verteenwoordig en vra: Wat is die betekenis van muntstukke in ’n tyd waar tik-om-te-betaal aan die orde van die dag is? En wat gaan kontantloos ons uiteindelik kos?

Vervaardiger: Casey Diepeveen
Produksiehuis: HOLDING THUMBS PRODUCTIONS
Uitvoerende vervaardiger: Ydalie Turk
Regisseur: Frances Sholto-Douglas
Draaiboekskrywer: Frances Sholto-Douglas
Redigeerder: Canya Cruywagen
Kinematograaf: Werner Botha
Klankbaan: Ed King

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.