Met: Lauren Joseph, Marunzo Thomas, Charlene le Roux and Maurice Carpede
Wanneer hul geliefde ouma Poppy sterf, keer Laila en haar broer, Josh, terug na die Namakwalandse plaas waar hulle die grootste deel van hul lewe deurgebring het. Vir Laila is een ding seker: Poppy moet langs haar ouers begrawe word in die grond waarop geslagte van hul familie gewoon het. Maar die plaas het intussen van hande verwissel, en die nuwe eienaars weier toestemming vir die begrafnis. Laila weier om dit te aanvaar en besluit om Poppy se wens te vervul. Maar wat beteken dit werklik om dié wat ons verloor het te eer? En wat is die prys wat jy moet betaal om ’n verlede op te eis wat nie meer plek vir jou het nie?
Vervaardiger: Deidré Jantjies
Produksiehuis: Winnow Productions
Regisseur: Winford Collings
Draaiboekskrywer: Winford Collings
Redigeerders: Winford Collings, Shabdeen Cader & Deidré Jantjies
Kinematograaf: Gray Kotze
Klankbaan: Michael Bopape
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.