Silwerskermfees-kortfilms: Verwerking

Filmfees
Multilingual
13VL
18 Minute
5 Oktober
14:00
8 Oktober
14:30
Gratis

Met: Jaques de Silva, Bianca Flanders, Stian Bam

’n Draaiboekskrywer stoei met ’n toneel wat om geslagsgebaseerde geweld draai. Terwyl hy koorsig by sy lessenaar sit en tik, begin die woorde die werklikheid om hom vervorm. Die woord “Ma” op die bladsy, laat ‘n vrou in die vertrek verskyn; die woord “Pa”, ’n man om haar te slaan. Tye en plekke skuif oor mekaar; lig en ruimte buig rondom die skrywer, en hy staar hom vas in ’n gruwelike oomblik wat al jare in hom spook.

Vervaardiger: Theltom Masimila
Produksiehuis: KFILMS
Uitvoerende vervaardiger: Karen Meiring
Regisseur: Peter-John Titus
Draaiboekskrywer: Peter-John Titus
Redigeerder: André van Heerden
Kinematograaf: David Swart
Klankbaan: Shaun Johannes

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.