Sjjjt, ons lees!

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
15 Oktober
13:00
Gratis

Lees is een van die lewe se onverdunde vreugdes – en ’n gedeelde vreugde is
dubbel die vreugde! Kom lees in die geselskap van ander boekwurms. Raak
gemaklik, gryp die boek wat jou tans aan die hart of brein beet het, en lees
’n hoofstuk of twee met onverdeelde aandag. Jy hoef nie ’n mening te deel of
’n woord te sê nie – die Silent Book Club- konsep is letterlik presies soos dit klink:
die luukse van stilte, en die wonder vanwoorde op papier. Koffie en kuier ná die
leestyd is opsioneel.