Spier Toneel
90 Minute
3 Oktober
15:00
4 Oktober
17:00
6 Oktober
13:30
7 Oktober
15:30
R235-R350 | R265-R380 by die deur

DEBUUT

Met Dawid Minnaar, Edrien Erasmus, Deon Lotz, Marisa Drummond

Skanse is ’n nuwe drama deur die Hertzogprys-bekroonde dramaturg Deon Opperman. Wanneer Daniël ná sewe jaar as digitale nomade onverwags aan sy broer Simon se deur klop, breek hy meer as net die alarm-beam. Tussen lamsboud en chardonnay, omring deur mure en kameras wat belowe om die kwaad buite te hou, ontvou ’n aand waarin ou wonde oopgeskeur word en die skanse verbrokkel wat twee broers teen mekaar – en teen die lewe self – opgerig het. In ’n wêreld waar almal desperaat probeer vasklou aan sekerheid, bring Daniël se terugkeer die vraag na vore: Is dit moontlik om te leef sonder om vas te klou? En as die alarms uiteindelik stil word, wat bly oor van die mense wat agter die mure skuil? ’n Intense familiedrama met baie humor, oor rou, verwerping en die illusie van veiligheid.

Regisseur en skrywer Deon Opperman

‘n Ko-produksie van die Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK en die Suidoosterfees