Skrootwerf-evangelie: Gebroke hallelujas en verroeste belydenis

Toyota Musiekfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
13 Oktober
19:30
15 Oktober
20:00
R200-R300 | R230-R330 by die deur

Skrootwerf-evangelie is ’n viering van musiek uit die oeuvres van kunstenaars soos Leonard Cohen, Joni Mitchell, Tom Waits, Koos du Plessis, Frieda van den Heever en Deon Meiring – dié kunstenaars swyg nie oor dít wat oënskynlik taboe is nie. Die produksie nooi die gehoor uit om saam ondersoek in te stel na dit wat onder die vel skyn. In ’n wêreld waar oppervlakkigheid dikwels seëvier, put ons vreugde uit musiek wat lig in die donker bring.

Met Frieda van den Heever, Deon Meiring, Francois van der Merwe, Annemie Nel, Marina Louw, Grethe van der Merwe

Ondersteun deur die Johann Brink-trust