Aangebied deur Tafelberg, Jonathan Ball
Die joernalis en skrywer Julian Jansen het al verskeie stories oor gruwelike gebeure geskryf. Sy jongste boek fokus op die stasiemoordenaar wat die Kaapse Vlakte in die 1980’s en 1990’s geterroriseer het. Nicole Engelbrecht is die aanbieder van True Crime South Africa, Suid-Afrika se gewildste waremisdaad-poduitsending. In Klipkoud skryf sy oor onopgeloste misdade, waar daar meer vrae as antwoorde in die bloedspore agterbly. Die twee bloedhonde vertel meer oor hulle boeke en vra mekaar uit oor ware raaisels en kinkels.