Soekende profeet

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
14 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Was Frederik van Zyl Slabbert die beste leier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie?
In Albert Grundlingh se boek Frederik van Zyl Slabbert: Soekende profeet
probeer hy onder meer hierdie vraag beantwoord. Andries Bezuidenhout
vra hom uit oor dié boeiende biografie, wat die lewe van ’n charismatiese figuur
in die SA geskiedenis uit verskeie hoeke beskou. Slabbert se werk as akademikus,
politikus en aktivis word bespreek, asook die suksesse en teleurstellings wat sy
lewe en loopbaan gekenmerk het en die geskiedkundige Dakar-konferensie in 1987.

Aangebied deur UJ Press