2026
Soil and Grassvolg drie tradisionele vakarbeiders in KwaZulu-Natal – ’n draadmandjiemaker, pottebakker en palmwewer – wie se praktyke tussen landelike erfenis en stedelike aanpassing beweeg. Soos wat materiale versamel, getransformeer en herskep word, volg die film hoe kennis behoue bly ondanks die fisieke verplasing van die arbeiders. Verweef hiermee is persoonlike verhale van vertrek en terugkeer. Soil and Grassbesin oor wat eensaamheid, onsekerheid en die soeke na ’n ware gevoel van “tuiste” beteken, maar is terselfdertyd ’n roerende meditasie oor vroue wat alleen skep.
Regisseur, skrywer en verteller Lethokuhle Msimang
Kinematograaf Thebe Gee
Redigeerder Kgaugelo Mpyana
Klank Yang Wen Liang
34 min