Sonografie: Grepe in roots en blues

Klassieke Musiek
Meertalig
80 Minute

2 Oktober

16:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

Sonografie is ’n verkenning deur middel van klank en musiek om stories te vertel en dinge te bevraagteken. Vier kunstenaars vertel stories wat geïnspireer is deur instrumente, musikale idiome, en die wêrelde wat elk verklank: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stemme en Mississippi-blues. Hulle vrae is ’n teken van hoop: Hoe luister ons opnuut, met nuanse en kompleksiteit, terwyl ons weier om klanke te reduseer tot die harmonieë van ’n globale kommoditeit? Hierdie samewerking tussen Peter Gabriel se musiekstigting, WOMAD, die Toyota Stellenbosch Woordfees en die Universiteit Stellenbosch se departement van musiek is ’n eerste, en ’n mens durf dit nie misloop nie.

Met WOMAD: Garth Erasmus, Ncebakazi Mnukwana, Joep Pelt, Iskwew Singers