Die Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC span kragte en kreatiwiteit saam in ’n lekkerluister instrumentale vertoning. Verskeie genres is op die speellys: Ierse dansmusiek, kwela, flamenco, bekende klassieke treffers, 90’s-techno en Afrikaanse volkswysies.