Spaanse lied

Klassieke musiek
Afrikaans, English
Gesin
65 Minute
8 Oktober
15:30
11 Oktober
15:30
R195-R250 | R225-R280 by die deur

Met Zanne Stapelberg(sang), James Grace(kitaar)

Hierdie intieme Spaanse klassiekemusiekproduksie bring twee meesterlike vertolkers byeen wie se musikale vennootskap oor meer as twee dekades strek. Hulle is bekend vir hul buitengewone musikale band en hul vermoë om stories te vertel deur musiek. In hierdie musiekproduksie, hul derde Spaanse een, verken hulle interessante repertoriums uit Suid-Amerika en Spanje – liedsiklusse deur Manuel de Falla en Enrique Granados, asook Europese klassieke werke, waaronder stukke deur John Dowland vertaal in Spaans. Stapelberg en Grace skep oomblikke wat gehore betower en diep ontroer.