Die stersjef Bertus Basson, wat bekend is vir sy 8 uiteenlopende restaurante en TV-reekse soos In die sop, Ultimate Braaimasteren Kokkedoor, bied vanjaar weer sy gewilde speelkamersessies aan. Kom beleef ’n kookdemonstrasie in sy hoogaangeskrewe Eike-restaurant waar hy spesialiseer in eg Suid-Afrikaanse geregte met ’n kreatiewe kinkel. Hy gaan nie net wys hoe om met kos te toor nie – gaste sit ná die demonstrasie ook aan by ’n heerlike feestafel met wyn.