Creative Blockdeur die Spier-kunstetrust bied ‘n unieke manier om na die werk van kontemporêre kunstenaars te kyk en dit te koop. Al die kunswerke het dieselfde vasgestelde formaat, en almal is beskikbaar teen dieselfde billike prys, maar die stories, style en mediums verskil hemelsbreed. Meer as 400 kunstenaars se werk vorm deel van die projek, en ‘n groot verskeidenheid word by die Toyota Stellenbosch Woordfees uitgestal. Dis ‘n goeie manier om aan jou kunsversameling te bou, terwyl jy terselfdertyd ook die ontwikkeling van kunstenaars ondersteun.