Kom verken Idasvallei op ’n staptoer saam met die mense van dié buurt. Ons gaan gesels oor die natuur en ons taal en kultuur terwyl ons die sonopkoms geniet met ’n koffie en ’n lekker koesister of roosterkoek in die hand. Wie was Ida? Wie was Francois Villion en wat het jare gelede aan die voet van Simonsberg gebeur? Waar kom die mense van dié buurt vandaan? Kom vind uit waarom Idasvallei ’n kernrol speel in die ontwikkeling van Stellenbosch en waarom die erfenis en geskiedenis van hierdie gemeenskap bewaar moet word.
Ontmoet 30 minute voor die aanvang van die toer by die
Ondersteun deur Barends&Barends, Predestined Coffee, Stellenbosch-munisipaliteit, Sifra Moda, Johannes Lakeman