Stellenbosch Academy Visual Arts-Kompetisie (SAVAC)

Visuele kuns
Gratis

Suid-Afrika bruis van onontginde kreatiewe talent. Die Stellenbosch Academy se nasionale kompetisie vir hoërskole is ’n toonvenster vir en viering van ons land se opkomende jong kunstenaars. Dié uitstalling wys die finaliste se werk – vars stemme van reg oor die land. Ontdek hoe visuele kuns jong mense help om hulself uit te druk en hul plek in die wêreld te vind. Moenie die kans misloop om die toekoms van Suid-Afrikaanse kuns van naby te beleef nie.

11 tot 19 OKT

09:00-17:00