Stellenbosch-dorpsgesprekke: Jamestown — waar geskiedenis ‘n toekoms word

Diskoers
Afrikaans, English
60 Minute
10 Oktober
10:30

Jamestown, ’n histories landelike dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch, dra ’n unieke erfenis van meer as 124 jaar. Gestel dié gemeenskap kan ’n bloudruk wees vir maatskaplike kohesie in Suid-Afrika – terwyl inwoners die hedendaagse uitdagings van saamleef hanteer. Melanie du Bois en ander inwoners van Jamestown gesels saam.