Met Anmari van der Westhuizen(tjello), Sharon de Kock(viool), Pieter van Zyl(klavier),James Grace(kitaar), Dylan Tabisher(marimba), Hanneke Zwamborn(klavier), Minette du Toit-Pearce(mezzo-sopraan), Benjamin van Eeden(klavier), Winand Grundling(orrel), Jan-Hendrik Basson(tenoor), Jeanni Wiese(blokfluit), Philippus Hugo( klavier), Hano Krige(akkordeon),Quinn Goliath(saxofoon)
Die Stellenbosch Eisteddfod vier 90 jaar van kreatiewe uitnemendheid op ‘n luisterryke wyse met ’n glansryke feeskonsert waarin huidige en voormalige pryswenners hulle talent ten toon sal stel.