Stemme en verse: ‘n Schubertiade

Klassieke musiek
Multilingual, Afrikaans
Gesin
60 Minute
7 Oktober
19:00
R215-R270 | R245-R300 by die deur

Met Jan Hugo(klavier), Clara Hugo(sopraan),Pieter Hugo(voorleser)

Die kunsliedduo Jan en Clara Hugo bied ’n Schubertiade aan met die geliefde lieder van Franz Schubert. Hierdie intieme program verken die emosionele diepte en verfynde woord-toon-verhouding van die kunslied. Die duo, met uitgebreide Europese ervaring, is bekend vir hul stylgevoeligheid en hegte musikale band. Saam met die Afrikaanse digter Pieter Hugo skep hulle ’n unieke wisselwerking tussen Duitse lieder en Afrikaanse poësie, en nooi die gehoor vir ’n aand van introspeksie en verbeelding.