Stemme uit die verlede: Verrassende mededelings uit die kerkargief: Briewe wat stories vertel

Diskoers
90 Minute
16 Oktober
14:15
17 Oktober
14:15
R30

Kom ontdek verhale en musiek wat deel vorm van ons groter verlede. Stemme wat opklink uit die primêre bronne, soos persoonlike briewe, dagboeke, nuusbriewe en joernale. Verluister jou aan die humor, voorlesings, liedere en orrelspel. En verkyk jou na afloop van elke aanbieding aan die rykdom van historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.

Briewe wat stories vertel

Dr. Lisel Joubert (fakulteit teologie) vertel argivale navorsing gaan meestal nié oor wat jy soek nie, maar oor wie jóú vind: die stemme wat vasgevang is in persoonlike briewe, joernale en sendingnuusbriewe. Aan die hand van die pioniersendeling Martha Murray se briewe (1890’s-1910) verduidelik dr. Joubert die beginsels van “life writing”. Cecile Murray-Louw lees voor uit Martha se briewe. Na afloop van die aanbieding is daar ’n uitstalling van historiese briewe en foto’s. Koffie en melktert beskikbaar (op eie koste).