Kom ontdek verhale en musiek wat deel vorm van ons groter verlede. Stemme wat opklink uit die primêre bronne, soos persoonlike briewe, dagboeke, nuusbriewe en joernale. Verluister jou aan die humor, voorlesings, liedere en orrelspel. En verkyk jou na afloop van elke aanbieding aan die rykdom van historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.
Kleinode uit die Afrikaanse musiekskat: Prof. Gawie Cillié, eerw. Frederik Hein en ander
“Oom Gawie” was akademikus, sterrekundige, koorleier en “liedjiesoeker”: “Magalieseburgse aandlied”, Steynsrust se Liedboek, eerw. Frederik Hein se handgeskrewe Notenboek, Seodin Skool se kalligrafie-skoollied, die operette Grenspos met Pierre Malan se toonsettings, en Lofsangen van S. le Roux Marais.