Kom ontdek verhale en musiek wat deel vorm van ons groter verlede. Stemme wat opklink uit die primêre bronne, soos persoonlike briewe, dagboeke, nuusbriewe en joernale. Verluister jou aan die humor, voorlesings, liedere en orrelspel. En verkyk jou na afloop van elke aanbieding aan die rykdom van historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.
Musiek van die engele of die “ménestrels”: Die Hugenote se bydrae tot die kerkmusiekskat
Kom word deel van die boeiende verhaal wat strek van die Middeleeue tot in die twintigste eeu – toegelig met vertellings, foto’s, opnames, orrelspel, samesang en solo’s deur Cecile-Murray-Louw en Carlo Louw. Dr. Diederick Basson (orrelis en NGK-argiefbestuurder) en dr. Isabel Murray (argiefnavorser) span saam om ’n hart-, kop- en saamsingervaring te skep.