Stemme uit die verlede: Verrassende mededelings uit die kerkargief: Teenwoordig

Diskoers
90 Minute
16 Oktober
10:30
17 Oktober
10:30
R30

Kom ontdek verhale en musiek wat deel vorm van ons groter verlede. Stemme wat opklink uit die primêre bronne, soos persoonlike briewe, dagboeke, nuusbriewe en joernale. Verluister jou aan die humor, voorlesings, liedere en orrelspel. En verkyk jou na afloop van elke aanbieding aan die rykdom van historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.

Teenwoordig: Briewe, alledaagse kuns en die argief

Dr. Amy Rommelspacher beskryf die proses om kunsstudente vertroud te maak met argiefmateriaal deur hulle uit te nooi om “teenwoordig te wees” in hul omgang met die artefakte (persoonlike briewe, artikels, joernale). Daar’s ’n uitstalling van foto’s en voorbeelde van die kunswerke wat geskep is. Koffie en melktert is beskikbaar (op eie koste).