Die akademikus en storiefynproewer Bibi Burger lei ’n gesprek met drie
Storiemans. Johannes de Villiers (Op pad na ’n klooster in die sneeu), Theo Kemp
(Klein konings) en François Loots (Twyfelbos) vertel die stories agter die
stories en beantwoord vrae oor die belang van stories in die wêreld, die oorsprong van hul eie liefde vir stories, en die bestanddele vir ’n onvergeetlike vertelling. Kom vind meer uit oor die kinkels in
hul jongste verhale wat strek van die Kaapkolonie in 1829 en die mynveld van
hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek tot ’n klooster in die Franse Alpe.