Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans en kinderboekskrywer van die Xavier en Kendrick-reeks, gesels oor prenteboeke, stories en die waarde van lees. Sy deel ook wenke uit haar twee boeke Huisies vir muisies en ’n Rand vir ’n tand. Kom gesels saam oor hoe om lees lekker en interessant te maak in die grondslagfase. Xavier en Kendrick het van kleins af geleer die buitelug en oefening is goed vir jou om fiks en gesond te bly. Toe groot teenspoed Kendrick tref, het die boeties geleer ’n mens staan altyd saam en ondersteun mekaar, en dit is presies wat hulle gedoen het.