Strauss & Co: Ruminations: Karel Nel

Visuele kuns
60 Minute
16 Oktober
14:00
Gratis

Sluit by ons aan vir die filmvertoning van Michael Donnelly se dokumentêre rolprent Ruminations: Karel Nel. Dit bied insig in Nel se buitengewone lewe en reis as kunstenaar.

Dié hoogaangeskrewe kunstenaar en kurator is veral bekend vir sy integrasie van kuns en wetenskap. Nel se loopbaan strek oor dekades en verskeie dissiplines. Hy het studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand, St. Martin’s School of Art in Londen, en met ‘n Fulbright-plasing aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Nel was tot 2017 medeprofessor aan die Wits-universiteit en is in 2018 aangestel as senior adviserende kurator by die Norvalstigting in Kaapstad, waar hy groot uitstallings saamstel met die werk van invloedryke Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars.

NAVRAE: Strauss & Co | haneem@straussart.co.za | 076 242 5112